Skip to main content

Korreltjie Kantel

THE KORRELTJIE KANTEL JOURNEY

Korreltjie Kantel is a multi-disciplinary creative project celebrating the works and lives of Ingrid Jonker and Andre P Brink, the book 'Flame in the Snow' / Vlam in die Sneeu, the music of Luna Paige, Nick Turner and Jamie Jupiter and the visual art of 10 South African visual artists. The show ran for 4 years, was aired on Radio Sonder Grense in 2015, made its debut at Woordfees and KKNK in 2016, was released in CD format in 2017, was nominated for a South African Music Award in 2018 and traveled to Netherlands and Belgium in 2019. It was also seen at festivals such as Kalfiefees and Aardklop. 


ORIGINAL ART WORKS AVAILABLE AT DISCOUNTED RATES
DECEMBER 2019 ONLY

With Christmas around the corner, we would like to sell the last remaining visual art at special prices. These make for wonderful gifts as they are great collectors items. 7/10 of the original art works have sold. We have three original and framed art works available at incredible prices. Only 10 prints of each original art work were printed and made available for purchasing. We have between 1 and 4 of each available and would like to invite you to make a discounted purchase. Below you will be able to have a decent look at each art work and make your order. 

We start off with the original art works that are still available and reduced remarkably:

Louis Jansen van Vuuren - Skerwe
Inspired by Ingrid Jonker's poem, Die Skildery
Nick Turner put music to this beautiful poem
Medium: Acrylic paint and pastel on cotton paper
Size: 1m x 1.2m (Framed)                                                                                                                          2019
Value: R45 000
Christmas price: R25 000


Artist statement in Afrikaans:

Die pragtige briewewisseling en die gedig van Ingrid, Die Skildery, was die inspirasie vir die portret wat ek van ’n jong Ingrid Jonker gemaak het. Sy sien haar geliefde as sirkusharlekyn, maar om haar hartseer te verbeeld, sien ek haar ook met die blou geverfde oë van die melankoliese Pierrot la Lune. In die brief skryf sy ook: “Moenie kwaad wees vir my nie”. Ek het die reël ’n paar keer in die kunswerk in handskrif herhaal sodat die werk soos ’n visuele brief voel.




Lisette Forsyth - Bitter Bessie
Inspired by Ingrid Jonker's poem, Fragment
Jamie Jupiter put music to this beautiful poem
Medium: Inc and acrylic paint on original newspaper, 1960 Cape Times
Size: 51.5cm x 62cm (framed)
2019
Value: R25 000
Christmas price: R10 000


Artist statement in Afrikaans:

Ek verf op enige oppervlak wat ek kan kry. Dit was 'n ware uitdaging om 'n gepaste oppervlak te kry, maar toe ek dié vind, was dit ongelooflik hoe perfek dit was! Dit is 'n bladsy van 'n 1960 Cape Argus met 'n resensie van Jack Cope (Ingrid Jonker se minnaar) se storie, Power. Daar is ‘n artikel wat verduidelik hoe mens liefde met 'n skoenlappernet vang en wat sterk herinner aan die film oor Jonker, genaamd Black Butterflies. Daar word ook melding gemaak van die Afrikaanse taal. Die vrou wat na haar eie weerkaatsing kyk, het vir my Ingrid geword. Sy was bekend vir haar obsessie met spieëlbeelde. Ek het een weergawe op die oorspronklike papier gedoen wat 'n verskuilde man uitbeeld. Die verhouding was altyd bedoel om 'n geheim te wees. Jack Cope sélf het weggeraak in hierdie liefdesverhaal van Jonker en Brink.





Christiaan Diedericks - Nivem diluit sum igni (I mix snow with fire)
Inspired by Ingrid Jonker's poems Dubbelspel and Moswaterval
Luna Paige put music to these two poems and titled the song Dubbelspel
Medium: Mixed media. Drawing on Hamilton Black Silicone waterproof paper, sandpaper and Hahnemuhle bamboo paper
Size: 124cm x 86cm (framed)
2019
Value: R28 500
Christmas price: R12 000


Artist Statement in Afrikaans:

Skuurpapier as 'n konseptuele tekenoppervlak, verwys na die skawende aard van Brink en Jonker se liefdesverhouding. Die effens sigbare lyne op die tekening is simbolies van die liefdesbriewe wat tussen hulle gewissel het; al die briewe saam vertel die storie wat in tragedie geëindig het.

Nivem diluit sum igni is ‘n visuele skimp dat Jonker en Brink "twin flames" was. Volgens Brianna Wiest, die skrywer van I Am The Hero Of My Own Life, Salt Water en 101 Essays That Will Change The Way You Think: "is daar is verwarring oor wat 'n ‘twin flame’-verhouding regtig is. In teenstelling met 'sielmaats', wat ons perfekte pasmaats / geestelike familie is, is ‘n ‘twin flame’ ons perfekte spieël. Verhoudings met ‘n ‘twin flame’ is gewoonlik aan-en-af, baie passievol en soms intens pynlik". Daar is geen agtergrond nie; slegs twee figure wat in 'n liminale ruimte uitgebeeld word. Die fokus is op hul intieme, maar vernietigende band.

If you would like to purchase one of these art works please contact Luna Paige.  The first person who purchases one of the above art works will also receive a complimentary Afrikaans copy of the published love letters Vlam in die Sneeu and a Korreltjie Kantel CD. 


LIMITED EDITION PRINTS AVAILABLE AT DISCOUNTED PRICES
DECEMBER 2019 ONLY


MARIÉ STANDER - Kabouterliefde
Nick Turner put music to Jonkers' poem Kabouterliefde
Medium: Charcoal, inc and pastel on cotton paper
2019 (1/50)
Prints to order
A3 at R1000
A2 at R2000


Artist statement in Afrikaans:

Ek het 'n superheld as Kabouter geskep – ‘n soort prins-van-ouds wat op pad is om sy geliefde se hart te gaan verower. Die rooi hartjie wat op sy bors vasgewerk is, wys sy liefde vir sy speelmaatjie en dat hy haar ten alle koste sal beskerm met sy houtswaard. Dit is 'n speelse uitbeelding van 'n seuntjie wat lyk of hy die rol van 'n superheld kan vervul. Die gedig is oorspronklik deur Ingrid Jonker vir haar dogter geskryf as 'n alter-ego maatjie vir haar. Ek wou graag die beeld speels, maar tog realisties hou - soos wat 'n regte "lewendige" speelmaatjie sou lyk.






SHANY VAN DEN BERG - ‘saam met ‘n posseël voel sy vry en sweef hul oor ‘n see van woorde’
Shany's work was inspired by a poem by Jonker titled Fragment
Jamie Jupiter put music to this poem and added some original lyrics of his own to the song Woorde
Medium: Mixed media on Zerkall paper
2019 (1/10)
Prints to order
A3 at R1000
A2 at R2000

Artist Statement in Afrikaans:


“Al die geheime, dis joune en dis myne
Met ‘n posseël, ek voel lig, maar ook dolleeg
Nou stap ek terug na my koue kantoor
Daar’s ‘n see vol woorde, maar iets anders roer – Jy’s al wat ek wil hê!”
– uittreksel ut Jamie Jupiter se lied, Woorde.

Op ‘n stuk papier, geraam met kiaathout, staar die kyker asof deur ‘n oop venster na twee figure, verewig in hul omhelsing met blomme vir mekaar uit ‘n herfstuin. Hulle liefde al swewend op die vlerke van voëls oor ‘n see van woorde, gestempel en geteken op ‘n ou poskaart met ‘n posseël.








CHRISTIAAN DIEDERICKS - Nivem diluit sum igni (I mix snow with fire)
Christiaan's work was inspired by two poems by Jonker titled Dubbelspel and Moswaterval
Luna Paige put music to these poems and called the song Dubbelspel
Medium: Mixed Media
2019 (1/10)
Prints to order
A3 at R1000
A2 at R2000

Artist Statement in Afrikaans: see above



ANTOINETTE CLOETE NEL - Ouwyn
Antoinette's work was inspired by Jonker's poem Ballade vir drie vriende
Jamie Jupiter put music to these poems  and added his own lyrics in the song Ouwyn van die dag
Medium: Charcoal
2019 (1/10)
Prints to order
A3 at R1000
A2 at R2000


Artist Statement in Afrikaans: 



Dit is welbekend dat die verhouding tussen Ingrid Jonker en André P Brink nie gunstig deur hulle vriende ontvang is nie. Hierdie onderwerp is vele male oor 'n glas wyn bespreek. Brink en Jonker het ook híéroor aan mekaar geskryf en sodoende hulself van ander se oordeel vervreem. Jamie Jupiter se liedjie, Ouwyn, is geïnspireer deur Jonker se gedig Ballade van Drie Vriende. Hierdie gedig verwys spesifiek na hulle vriende Uys Krige, Jan Rabie en Jack Cope (laasgenoemde was intiem by Jonker betrokke). Dit speel met gesprekstemas oor die lewe, liefde en alles tussenin. Ek was gefassineer deur die verwysing na die harlekyn, 'n vermaker - 'n gemaskerde individu wat op die punt staan om die ware, ontnugterende aard van die situasie te onthul - ook dikwels teenwoordig waar oorvloedige hoeveelhede wyn tussen vriende gebruik word.







RUAN HUISAMEN - Spoorloos
Ruan's work was inspired by Jonker's poem O, die Halfmaan
Luna Paige put music to O, die Halfmaan
Medium: Charcoal
2019 (1/10)
Prints to order
A3 at R1000
A2 at R2000


Artist Statement in Afrikaans: 

Let them not make me a stone and let them not spill me. Otherwise kill me.  -Prayer Before Birth, Louis Macneice

Spoorloos is 'n portret van intimiteit en afgesonderdheid. Ten spyte van die seksuele aard van die stuk, herinner dit mens daaraan dat hierdie twee mitiese literêre figure gewone vlees-en-bloed-mense was, met dieselfde mislukkings en vleeslike begeertes. Dit dui op seks as 'n geestelike ervaring; ‘n openhartige korrespondensie, 'n daad van verset. In een brief uit Vlam in die Sneeu onthou Brink 'n vraag wat Jonker aan hom gestel het: "Hoekom is mense so bang vir passie? Hoekom behandel hulle ons soos kinders?" Spoorloos herinner ons aan die nutteloosheid van 'n enkele, gesaghebbende verduideliking van iets so kompleks soos menslike identiteit. Jonker het ook hierdie fiksie verwerp: “Jy maak my bang met daardie ‘Ek sal jou opnuut moet leer ken’ of so iets. Ek hoop jy is nie teleurgesteld nie! And above all, do not make me “a thing with one face ... Like water held in the hands would spill me / Otherwise kill me ...”





LOUIS JANSEN VAN VUUREN - Skerwe
Jansen van Vuuren's work was inspired by Jonker's poem Die Skildery
Nick Turner put music to Die Skildery
Medium: Acrylic and pastel
2019 (1/10)
Prints to order
A3 at R1000
A2 at R2000

Artist Statement in Afrikaans:  see above





LISETTE FORSYTH - Bitter Bessie
Forsyth's work was inspired by Jonker's poem Fragment
Jamie Jupiter put music to Fragment and added some of his original lyrics as well
Medium: Inc and acrylic
2019 (1/10)
Prints to order
A3 at R1000
A2 at R2000

Artist Statement in Afrikaans:  see above



JUDY WOODBORNE - Threads of Entanglement
Judy's work was inspired by the song Juwele van jou oë
Luna Paige wrote Juwele van jou oë in reaction to Brink's novel Die Ambassadeur. It is known that Jonker advised Brink during his writing process and that his female character in Die Ambassadeur was strongly influenced by Ingrid.
Medium: Pencil drawing with gold plate
2019 (1/10)
Prints to order
A3 at R1000
A2 at R2000

Artist Statement in Afrikaans: 

Net soos die lewe verweef is in ‘n tapisserie van tyd, weef ons ook die drade van ons eie bestaan. Die bande wat bind en die liefde wat ons harte laat opvlam, is net so kortstondig soos die elemente wat unieke yskristalle vorm, en die vlerke van ‘n skoenlapper wat skadus teen die lig maak. Hierdie is my eerbetoon aan Ingrid Jonker.




HANNEKE BENADÉ - Kokon
Hanneke's work was inspired by the song Kanniedood
Nick Turner wrote Kanniedood in reaction to Brink's chapter about Ingrid Jonker in his autobiography 'Fork in the Road'. 
Medium: Charcoal and Conté pencil
2019 (1/10)
Prints to order
A3 at R1000
A2 at R2000

Artist Statement in Afrikaans: 

Die figure staan strak teen ‘n donker agtergrond. Kokon was André Brink se liefdesnaam vir Ingrid. Hierdie woord was ‘n blywende gedagte met die maak van die werk. Hulle het ‘n wens gehad om saam ‘n kind te hê – ‘n vlinder. Uit hulle saamwees is daar wel iets anders gebore wat mense steeds aangryp.  Passie, inspirasie, teks, woorde, hartstog, verlange en verdriet, waarvan die grootste hulle liefde vir mekaar was. Soos vlinders vlieg hulle nou eindelik vry.





VERNON SWART - Tula
Vernon Swart's work was inspired by Luna Paige's song Tula
Tula was inspired by two Jonker poems by names of Plant vir my and Tula  
Medium: Pitt charcoal and acrylic
2019 (1/10)
Prints to order
A3 at R1000
A2 at R2000

Artist Statement in Afrikaans: 

Luna se liedjie vertel die verhaal van 'n liefde wat deur omstandighede en tyd afgetakel word. Ons word geroer deur 'n byna desperate gevoel van toewyding en begeerte wat deur baie opofferings en onbeheersde liefde geopenbaar word. 'n Verlangende minnaar stuur drome en wense oor 'n sterbelaaide, blink heelal. 'n Wiegelied word gedeel deur fantasie-gevulde drome vol magiese beloftes.





If you would like to purchase one of these limited edition prints, please contact Luna Paige.  Buy two or more prints and receive a complimentary Korreltjie Kantel CD. Deliveries / pick ups in Stellenbosch. Postnet to Postnet (additional charge) of R99. 


Comments

Popular posts from this blog

Ou Karoo uiteindellik op 'n CD

Jare gelede het ek by die Dorpstraat teater gewaitress. Dit was toe Dorpstraat nog in Dorpstraat was en Hettie en Elbie nog die plek bestuur het. Hoe lekker was Dorpstraat Teater nie toe nie. Dit was een van daardie plekke waar mense net ingeval het. As jy op 'n random aan nie weet wat om te doen nie, het jy summier Dorpstraat toe gegaan. Daar was altyd iets nice aan die gang, daar was altyd lekker mense daar en die geselskap was goed. As aspirerende sangeres was dit ook wonderlik om blootstelling tot so baie professionele kunstenaars te kry. Ek kon bykans 3-4 keer 'n week 'n show kyk. Dit was 'n leerskool en dit het my droom aan die gang gehou. Ek het uiteindellik self ook by Dorpstraat teater my eerste optrede gehad. :) Op een van hierdie shifts het ek vir Rocco de Villiers ontmoet. Hy het kom optree die aand. Ek het vir hom my heel eerste CD ooit gegee en nie eintlik geweet hoekom ek dit doen of wat daaruit gaan voortspruit nie. 'n Paar maande later toe kon

...wanneer die Grim Reaper kom aanklop

Hierdie is miskien 'n somber tema vir 'n liedjie, maar nou ja. Die dood is so deel van die lewe soos wat suurstof is. Ons kan dit nie ontsnap nie. Ek het die Afrikaanse Kortverhaalboek deur Abraham de Vries opgetel en begin lees. Ek kom toe af op 'n verhaal deur Danie Botha. "Iemand by die agterdeur". Heel toevallig is ek geskeduleer om daardie week 'n onderhoud by Fine Music Radio te doen oor Storielied. Niemand anders as Danie Botha was geskeduleer om die onderhoud met my te voer nie. Ek is toe nuuskierig en lees dié verhaal! Die verhaal word vertel vanuit 'n klein seuntjie se perspektief, of eerder 'n volwasse man wat terugdink aan sy kinderjare. Hy beskryf die vrees wat hy saans ervaar wanneer hy gaan slaap. Hy vertel hoe hy teen die donker skoorsteen bo die vuurherd opkyk en bang raak vir die donker oneindigheid daarvan. Hy praat van die Pilgrim. Die man wat kom kuier en saggies aan die deurknop kom roer. Hy praat van sy moeder wat hom

Die wysheid van die Khoi

Ek is so bly ek het Elias P Nel se skryfgawe ontdek. Hierdie man weet hoe om moeiteloos in jou wêreld in te stap en ‘n blywende indruk te maak. Ek het ‘n kortverhaal bundel met die naam “Iets goeds uit Verneukpan?” ontdek en die verhale daarin vreeslik geniet. Elias Nel vertel verhale vanuit Verneukpan en omliggende areas. Hy skryf dit soos dit gepraat word en die stories lees soos ‘n laatmiddag gesprek na ‘n paar glase wyn. Dié etniese groep se humor, hul vermoë om te lag en grappies te vertel in die slegste van tye – word in sy verhale uitgelig. Jy lees en lag en lees en lag – tot jy aan die einde van die verhaal besef dat Elias Nel besig was om ‘n baie hartseer verhaal te vertel en in sommige gevalle selfs ernstige sosiale kommentaar lewer. Ek het die verhaal “die Korhaan en die Muisvoël” gekies omdat dit vol van die mooiste Khoi gelykenisse is. Hy het ‘n ou Khoi verhaal geneem en hom hervertel. Dit gaan oor ‘n jong man wat uit ‘n arm stam / kraal kom. Hy het ogies vir die dogt