Skip to main content

Posts

As die lewe maar 'n sepie was

Jeanne Goosen is ‘n ongelooflike skrywer. Sy het ‘n gawe. Dit is seker op ‘n manier ook ‘n vloek - om so tussen die mensdom te kan staan, hulle stilletjies te bekyk en te beloer en hulle te sien presies vir wie en wat hulle is. Ek dink dit verg intelligensie om hierdie waarnemings op so ‘n treffende, dog eenvoudige en onpretensieuse wyse te kan weergee. ‘n Mens tel tog op dat Jeanne Goosen nie so baie van die mensdom hou nie. Sy verkies diere en plante. Mens kan nie stry dat die mens se innerlike fisiese werkinge net so ongelooflik as dié van diere en plante is nie. Ek kry wel die idée dat sy glo dat ons intelligensie, of sal ek eerder sê – ons sogenaamde intelligensie - ons nie verhewe laat bo diere en plante soos wat ons dink nie, maar eerder ondergeskik tot hulle stel. Maar Jeanne Goosen het ook empatie vir mense, veral dié wat eenvoudig leef ek bloot van dag tot dag probeer “oorleef”. Sy kan hartseer, ellende, woede, rasionalisering en die mens se vermoë om homself beter te ...

'n Skryende skande!

Ek moes ‘n ou Franse man bietjie touwys maak oor die Kaap. Letterlik “chauffeur” speel en informasie deel daar waar hy dit versoek. Wat mens nie alles sal doen vir ‘n ou geldjie nie! Maar bly is ek, want ek was weer by die majesteuse Tafelberg op, het vir die eerste keer (en ek weet dis ‘n skande!) op Kaappunt gaan staan en by die vreesaanjaende afgronde afgetuur. Hy het beter begrip as ek getoon van waar op die kaart ons onsself bevind. Al die hoeke en draaie van die Kaap se punt het my skoon deurmekaar gehad. Kyk, ‘n rigting mens is ek glad nie. Ek is wel ‘n storie mens. Die ou fotos in die museum en die mooi Diaz-strandjie het my verbeelding aangegryp en skielik het ek weer in spoke begin glo. “ As ek ‘n hele dag op daai strandjie gaan lê – sal die ou “drifters” dalk hul weg na my toe vind en my hul stories vertel? ” het ek gewonder. Elk geval, ek gaan loop nou ‘n draai. Siende dat die man Frans is, moes ons ook gaan kuier in Franschoek en die Hugenote Museum. Ek het hom op ‘n straa...

Is ons toevallig hier?

Toe ek my Facebook vriende vra om goeie Suid Afrikaanse vroue skrywers en hul boeke voor te stel, het Ingrid Winterbach se naam herhaaldelik op my “wall” te voorskyn gekom. Dit net nadat ek SPYT gaan kyk het by die Oude Libertas Teater in Stellenbosch. As ek reg verstaan is SPYT haar eerste verhoogstuk. Elk geval – “Die boek van toeval en toerverlaat” was hoog aanbeveel. Gelukkig vir my was dié boek by die biblioteek te vinde. Hoe bly is ek nie ek het die boek gelees nie. Wat ‘n wonderlike skrywer en wat ‘n wonderlike boek! Die boek handel oor ‘n redelike eienaardige vrou wat ‘n obsessie met skulpe het. Sy werk as leksikograaf en help haar werkgewer om die Afrikaanse Woord (veral dié woorde wat lank nie meer deur die algemene Jan Rap en sy maat gebruik word nie) te dokumenteer. Baie van die woorde word op ‘n effense swartgallig-humoristiese wyse deur haar en haar kollega bespreek. Waar die woorde vandaan kom, wat hul betekenisse is en hoe hulle aansluit by haar gedagtes en ...

'n Themesong vir Margaret

Ek het heel per ongeluk 'n uitnodiging ontvang om 'n 10 minute slot by die Woordfees te vul. Melt by die Woordfees kantoor vra toe vir my om so 2 liedjies by Margaret Bakkes se huldeblyk te sing. 2011 merk haar 80ste bestaansjaar op aarde. Ter voorbereiding van die geleentheid het ek oor my songs gegaan en besef dit sal net eenvoudig te eienaardig wees om Engels te gaan staan en sing by die huldeblyk van 'n skrywer wat slegs in Afrikaans skryf. Dit is toe dat ek my gedagtes laat gaan oor hoe ek die geleentheid meer spesiaal vir Margaret Bakkes kan maak. En net so het die idee my getref! Ek het besluit om 'n " themesong " vir een van haar boeke te skryf. “Hulle doen dit tog vir die movies”, het ek gedink. “Hoekom dan nou nie vir boeke nie?” Daar suiker ek toe af na Melkbosstrand se biblioteek en soek naarstigtelik na Margaret Bakkes boeke. Op die ou end het ek 'n boek gekies uit haar vroeër jare - 'n liefdesverhaal wat afspeel iewers op ...