Skip to main content

Posts

Showing posts from April, 2011

Is ons toevallig hier?

Toe ek my Facebook vriende vra om goeie Suid Afrikaanse vroue skrywers en hul boeke voor te stel, het Ingrid Winterbach se naam herhaaldelik op my “wall” te voorskyn gekom. Dit net nadat ek SPYT gaan kyk het by die Oude Libertas Teater in Stellenbosch. As ek reg verstaan is SPYT haar eerste verhoogstuk. Elk geval – “Die boek van toeval en toerverlaat” was hoog aanbeveel. Gelukkig vir my was dié boek by die biblioteek te vinde. Hoe bly is ek nie ek het die boek gelees nie. Wat ‘n wonderlike skrywer en wat ‘n wonderlike boek! Die boek handel oor ‘n redelike eienaardige vrou wat ‘n obsessie met skulpe het. Sy werk as leksikograaf en help haar werkgewer om die Afrikaanse Woord (veral dié woorde wat lank nie meer deur die algemene Jan Rap en sy maat gebruik word nie) te dokumenteer. Baie van die woorde word op ‘n effense swartgallig-humoristiese wyse deur haar en haar kollega bespreek. Waar die woorde vandaan kom, wat hul betekenisse is en hoe hulle aansluit by haar gedagtes en

'n Themesong vir Margaret

Ek het heel per ongeluk 'n uitnodiging ontvang om 'n 10 minute slot by die Woordfees te vul. Melt by die Woordfees kantoor vra toe vir my om so 2 liedjies by Margaret Bakkes se huldeblyk te sing. 2011 merk haar 80ste bestaansjaar op aarde. Ter voorbereiding van die geleentheid het ek oor my songs gegaan en besef dit sal net eenvoudig te eienaardig wees om Engels te gaan staan en sing by die huldeblyk van 'n skrywer wat slegs in Afrikaans skryf. Dit is toe dat ek my gedagtes laat gaan oor hoe ek die geleentheid meer spesiaal vir Margaret Bakkes kan maak. En net so het die idee my getref! Ek het besluit om 'n " themesong " vir een van haar boeke te skryf. “Hulle doen dit tog vir die movies”, het ek gedink. “Hoekom dan nou nie vir boeke nie?” Daar suiker ek toe af na Melkbosstrand se biblioteek en soek naarstigtelik na Margaret Bakkes boeke. Op die ou end het ek 'n boek gekies uit haar vroeër jare - 'n liefdesverhaal wat afspeel iewers op

Jou Afrikaanse Song

Om in Afrikaans te sing was nog altyd vir my ‘n sensitiewe saak. Ek is Afrikaans. So gebore en so gemaak staan. Tog het ek vanaf skooldae songs in Engels geskryf. Ek kan seker baie redes hiervoor uiteensit, maar ek gaan eerder nie nou daar gaan ronddolwe nie. Een ding weet ek – ek is lief vir Afrikaans. Ek hou van die taal, ek geniet dit om stories daarin te vertel en om argumente te voer met beskrywende en kragtige woorde. Waarom dan skryf ek nie in Afrikaans nie? Ek het onlangs baie daaroor nagedink. Ek kon tot net een konklusie kom en dit is dat dit harde werk is om in Afrikaans te skryf as jy respek het vir die taal. As jy dit wil “ justice ” doen. Ek het nie grootgeword met Afrikaanse musiek nie – en het dus net gesien en gehoor wat op televisie en op radio geadverteer was tydens my kinderjare. Soos ek ouer geword het en meer en meer verdiep geraak het in die plaaslike musiek wêreld het ek ‘n paar pragtige Afrikaanse liedere ontdek, sowel as ongelooflike sangers en liedjieskrywer