Jeanne Goosen is ‘n ongelooflike skrywer. Sy het ‘n gawe. Dit is seker op ‘n manier ook ‘n vloek - om so tussen die mensdom te kan staan, hulle stilletjies te bekyk en te beloer en hulle te sien presies vir wie en wat hulle is. Ek dink dit verg intelligensie om hierdie waarnemings op so ‘n treffende, dog eenvoudige en onpretensieuse wyse te kan weergee. ‘n Mens tel tog op dat Jeanne Goosen nie so baie van die mensdom hou nie. Sy verkies diere en plante. Mens kan nie stry dat die mens se innerlike fisiese werkinge net so ongelooflik as dié van diere en plante is nie. Ek kry wel die idée dat sy glo dat ons intelligensie, of sal ek eerder sê – ons sogenaamde intelligensie - ons nie verhewe laat bo diere en plante soos wat ons dink nie, maar eerder ondergeskik tot hulle stel. Maar Jeanne Goosen het ook empatie vir mense, veral dié wat eenvoudig leef ek bloot van dag tot dag probeer “oorleef”. Sy kan hartseer, ellende, woede, rasionalisering en die mens se vermoë om homself beter te ...
On this blog I share stories about my music, my travels, books, films, and other things that inspire...