Skip to main content

Posts

Showing posts with the label storielied

'n Lied vir ClemenGold

ClemenGold is die offisiele borg van Storielied Om my dank aan ClemenGold te betoon, het ek besluit om vir hulle 'n lied te skryf. Nou kyk, ons is almal vertroud met DJ Opperman se gedig, Sproeireen,   waar daar verwys word na 'n naartjie...ek wou baie graag ietsie oorspronklik doen. Om 'n liedjie oor 'n naartjie te skryf is nie die maklikste ding onder die son nie hoor! Ek maak toe maar 'n storie op... Op 'n dag het 'n reisiger by 'n eensame vrou kom kuier. Sy kon hom ver oor die stofpad sien aangestap kom. Sy was opgewonde. Sy het hom in haar huis ontvang. By sy aankoms het hy vir haar 'n sak naartjies gebring. Daar het hulle heel aand in die kombuis gesit en gesels, naartjies geeet, en wyn gedrink. Nodeloos om te se, was die twee aangetrokke tot mekaar en het die aand nie geeindig toe die ligte afgaan nie. Hy het haar liggaam verken...en sy kon die naartjies aan sy hande ruik. Uiteindellik was dit tyd vir hom om te gaan, en het sy gesi...

‘n Antie wat baie te sê het

Hierdie verhaal het my baie geraak. Snaaks genoeg het ek hom lank terug al gelees en toe al 'n song oor die storie geskryf...en min geweet dat ek amper 5 jaar later Storielied sou skep. So dit was net reg om die liedjie in die produksie repertoire in te werk. Ek het hom ook nog nooit opgeneem nie, so hy het nou uiteindellik sy plek gevind. Engemi Ferreira het in die 80s 'n boek geskryf met die naam, "Die Jaar toe my ma begin sing het". Dit is die mooiste boek. Dit gaan oor 'n gesin wat op 'n plaas woon wat 'n diep en donkere geheim koester. Soos die verhaal uit 'n verskeidenheid van persone se perspektiewe vertel word, word die geheim oopgevlek. Daar is 'n karakter in die boek, wat die mooiste wyshede kwytgeraak het. Sy het die tipe dinge ge s ê   wat my tot vandag toe bybly. Oor pyn s ê sy: "Moenie jou pyn om jou hang soos 'n kleed nie. Dit maak jou aan die aarde vas sodat jy nie meer kan vlieg nie". Hoe waar is dit nie! Vandag...

Wanneer net herrinneringe oorbly...

Dana Snyman se kortverhaal, Ouma Plaas - is net soveel my storie as wat dit syne is. Na my eerste Storielied optrede in Melkbos weet ek ook dat die storie meeste mense se storie is. Dana Snyman vertel in die storie hoe hy by sy ouma gaan kuier. Hoe hy deur die dorp ry en sien hoe dinge verander het. Uit die storie maak ek die afleiding dat sy ouma se geheue nie meer is wat dit is nie en dat dit vir hom moeilik is om haar so weerloos en "afwesig" te sien. Hy verwys na sy ouma se hande...wat koud en bleek op die laken rus - en onthou dan hoe daardie selfde hande in die verlede behendig jam potjies kon oopmaak, kon bak, kon troos. Die herrinneringe wat my ouma oproep is net soos die van 'n plaas. Dit is groot en omvangryk. Daar is reuke, geluide, gevoelens - almal wat assosieer met klomp ander klein herrinneringe en fases in my lewe. Dit is so hartseer wanneer iemand met so grootsheid - oud en klein en weerloos raak. Wanneer hulle hul essensie verloor. My ouma het Altzhei...

Wanneer alles blote vuur is...

Ek het onlangs vir die eerste keer André P Brink se boek, die Ambassadeur gelees. Hierdie boek is in 1964 in Engels en in 1966 in Duits vertaal en gepubliseer. Ek het nog altyd van sy boeke gehou – maar ek moet sê – ek het dié een nogals baie geniet. Ek kan sien hoekom die boek so gewild was. Ek dink mense kan maklik daarmee identifiseer. En ons kan dit ook maar erken, die idee van verbode liefde het maar altyd ‘n trekkingskrag (alhoewel ons dit nie altyd goedkeur nie). Dis wanneer mens begin simpatiseer met ‘n karakter wat ons weet iets verkeerd doen en wens dat die wêreld die karakter nie moet veroordeel nie – dat mens weet die skrywer het ‘n goeie job gedoen. Hierdie verhaal gaan oor twee mans en drie vrouens. Dit gaan oor die huwelik, die ouer-kind verhouding, oor onbeantwoorde liefde, oor die onvermoë om eerlik te wees, dit gaan oor die liefdespel of eerder, spel van verraad wat gespeel word tussen mense wat nie weet hoe om vir mekaar te vertel of verduidelik wat hulle wil hê ni...