Hierdie verhaal het my baie geraak. Snaaks genoeg het ek hom lank terug al gelees en toe al 'n song oor die storie geskryf...en min geweet dat ek amper 5 jaar later Storielied sou skep. So dit was net reg om die liedjie in die produksie repertoire in te werk. Ek het hom ook nog nooit opgeneem nie, so hy het nou uiteindellik sy plek gevind.
Engemi Ferreira het in die 80s 'n boek geskryf met die naam, "Die Jaar toe my ma begin sing het". Dit is die mooiste boek. Dit gaan oor 'n gesin wat op 'n plaas woon wat 'n diep en donkere geheim koester. Soos die verhaal uit 'n verskeidenheid van persone se perspektiewe vertel word, word die geheim oopgevlek.
Daar is 'n karakter in die boek, wat die mooiste wyshede kwytgeraak het. Sy het die tipe dinge gesê wat my tot vandag toe bybly.
Oor pyn sê sy: "Moenie jou pyn om jou hang soos 'n kleed nie. Dit maak jou aan die aarde vas sodat jy nie meer kan vlieg nie". Hoe waar is dit nie! Vandag kan ons amper dieselfde sê oor depressie. Daar is manier om jouself te help...en indien jy nie bereid is om dit te doen nie - sal jy jouself aan die aarde vasketting en jou vryheid verloor.
Oor die liefde sê sy: " Liefde is onvoorwaardelik...dit wil niemand verander nie" (Ons almal weet dit, maar ons bly dit vergeet...Ons bly die mense vir wie ons die liefste is probeer verander).
"Ons moet elke dag ons liefde vir mekaar nuutmaak...anders sal die hart vergiftig...sal die hart versaak". (Sonder liefde is daar niks. En liefde kos werk, kos aandag, kos moeite).
Oor negatiewe denke sê sy: "Ons sal altyd leemtes soek, en ons sal altyd nuwes vind!" (Hoe waar is dit nie? As jy iets wil foutvind met 'n persoon of 'n situasie...dan sal jy. En hoe geneig is ons nie om dit te doen nie? Selfs met onsself. Ons vind dit baie makliker om ons eie swak eienskappe uit te lig, as ons goeie eienskappe. Ons vind dit moeiliker om die goeie raak te sien as wat ons dit vind om die slegte raak te sien.
Oor gedagtes sê sy: " Jou gedagtes is soos 'n boom, en as dit vrugte dra...sal almal daar wil woon".
Dit is tog so - ons het al so baie gehoor dat jou gedagtes jou woorde raak en jou woorde jou dade. Net so bepaal jou gedagtes, jou woorde en jou dade wie jou vriende is en hoeveel vriende jy het. Jou gedagtes kan jou isoleer, jou alleen laat en onaantreklik vir die samelewing maak.
Ek moes hierdie wyshede in lied formaat vasvang en skep toe my eie fiktiewe karakter, Tant Baby...
Hier is die liedjie:
TANT BABY
Die lewe is te kort om te wonder
Die lewe is om te doen
Pyn is daar om te leer
midde in die stryd
Maar my kind, moenie jou pyn
om jou hang soos 'n kleed nie
Dit maak jou aan die aarde vas
sodat jy nie meer kan vlieg nie
Dit was die woorde van Tant Baby op die plaas gewees
Sy't almal om haar met haar wysheid genees
Sy se jou gedagtes is soos 'n boom
en as hy vrugte dra - sal almal daar wil woon
Liefde is onvoorwaardelik
dit wil niemand verander nie
Ons sal altyd leemtes soek
en ons sal altyd nuwes vind
Ons moet elke dag ons liefde
vir mekaar nuutmaak
ander sal die hart vergiftig
sal die hart versaak

Dan kom daar 'n tyd wat die sirkel
tot sy einde kom
en jy weer voor jouself moet staan
en wonder hoekom jy bestaan...

Luna Paige

Comments
Post a Comment