Om my dank aan ClemenGold te betoon, het ek besluit om vir hulle 'n lied te skryf. Nou kyk, ons is almal vertroud met DJ Opperman se gedig, Sproeireen, waar daar verwys word na 'n naartjie...ek wou baie graag ietsie oorspronklik doen. Om 'n liedjie oor 'n naartjie te skryf is nie die maklikste ding onder die son nie hoor!
Ek maak toe maar 'n storie op...
Op 'n dag het 'n reisiger by 'n eensame vrou kom kuier. Sy kon hom ver oor die stofpad sien aangestap kom. Sy was opgewonde. Sy het hom in haar huis ontvang. By sy aankoms het hy vir haar 'n sak naartjies gebring. Daar het hulle heel aand in die kombuis gesit en gesels, naartjies geeet, en wyn gedrink.
Nodeloos om te se, was die twee aangetrokke tot mekaar en het die aand nie geeindig toe die ligte afgaan nie. Hy het haar liggaam verken...en sy kon die naartjies aan sy hande ruik.
Uiteindellik was dit tyd vir hom om te gaan, en het sy gesien hoe hy kleiner en kleiner teen die voetpad word.
So het sy elke dag ter nagedagtenis aan hom, 'n naartjie geeet. Sy het elke skyfie stadig geeet, sy het die tekstuur tussen haar vingers gevoel, sy het met haar vingers oor die sagte vlees van die skille gestreel en sy het met verlange aan haar hande geruik lank na sy die naartjie geeet het.
Op 'n dag, ontdek sy dat sy net een naartjie oor het. Sy raak beangs en hartseer en besef...sy moet 'n plan maak. Dit is tyd vir die reisiger om weer te kom kuier.
Hier dan nou, die ClemenGold liefdeslied...Breek my oop ;)
Breek my oop
Oor die voetpad kom jy
met my hart in jou hande
Jy was lank weg gewees
op reis, deur ver weg lande
Ek onthou toe jy laas hier was
Jy't 'n sak naartjies gebring
Met daai stroop soet hande van jou
Het jy my wereld omvou
Met elke dag se draai raak die sakkie leër en leër
Oordat ek een vir een oopbreek met die hoop dat ek jou nooit ooit sal vergeet
Daardie oranje liefde geur, jou lag en die oggend dou
Dis my laaste naartjie my lief, jy beter kom -kom gou!
Breek my oop
Die winterson het my gese jy kom
Breek my oop
Oor die voetpad kom jy
Ek wil jou pluk uit die son
En dans vir die reën en vra
dat die swaar wolke weer kan kom
Dat ek jou binne kan hou
Ja, dwars deur die winter
Daai stroopsoet hande van jou
en jou sakkie ClemenGold
Met elke dag se draai raak die sakkie leër en leër
Oordat ek een vir een oopbreek met die hoop dat ek jou nooit ooit sal vergeet
Daardie oranje liefde geur, jou lag en die oggend dou
Dis my laaste naartjie my lief, jy beter kom -kom gou!
Breek my oop
Die winterson het my gese jy kom
Breek my oop
Luna Paige
ClemenGold verskaf die beste naartjies aan jou plaaslike Woolworths.
Breek een oop en ervaar die oranje liefdesgeur!
Op 'n dag, ontdek sy dat sy net een naartjie oor het. Sy raak beangs en hartseer en besef...sy moet 'n plan maak. Dit is tyd vir die reisiger om weer te kom kuier. Ek hou van hierdie werklik
ReplyDelete_________________________________________
máy thái thịt |máy hút chân không
Na 5 jaar in die huwelik met my man met 2 kinders, het my man vreemd begin optree en met ander dames uitgegaan en my koue liefde getoon. By verskeie geleenthede dreig hy om van my te skei as ek hom durf ondervra oor sy verhouding met ander dames, ek was heeltemal verwoes en verward totdat 'n ou vriend van my my vertel het van 'n spelmeester op die internet genaamd Dr.Wealthy wat mense met verhoudings- en huweliksprobleme help deur die magte van liefdesspreuke, ek het aanvanklik getwyfel of so iets ooit bestaan, maar besluit het om dit te probeer, toe ek kontak met hom het, het hy my gehelp om 'n liefde te speel, en binne 48 uur het my man na my toe teruggekeer en om verskoning gevra. Nou het hy opgehou om saam met ander dames en sy vrouens saam met my te gaan . Kontak hierdie wonderlike liefdesverwyderaar vir u verhoudings- of huweliksprobleem wat vandag opgelos kan word via: wealthylovespell@gmail.com of direk WhatsApp: +2348105150446.
ReplyDelete