Skip to main content

Posts

Showing posts from June, 2011

Wanneer net herrinneringe oorbly...

Dana Snyman se kortverhaal, Ouma Plaas - is net soveel my storie as wat dit syne is. Na my eerste Storielied optrede in Melkbos weet ek ook dat die storie meeste mense se storie is. Dana Snyman vertel in die storie hoe hy by sy ouma gaan kuier. Hoe hy deur die dorp ry en sien hoe dinge verander het. Uit die storie maak ek die afleiding dat sy ouma se geheue nie meer is wat dit is nie en dat dit vir hom moeilik is om haar so weerloos en "afwesig" te sien. Hy verwys na sy ouma se hande...wat koud en bleek op die laken rus - en onthou dan hoe daardie selfde hande in die verlede behendig jam potjies kon oopmaak, kon bak, kon troos. Die herrinneringe wat my ouma oproep is net soos die van 'n plaas. Dit is groot en omvangryk. Daar is reuke, geluide, gevoelens - almal wat assosieer met klomp ander klein herrinneringe en fases in my lewe. Dit is so hartseer wanneer iemand met so grootsheid - oud en klein en weerloos raak. Wanneer hulle hul essensie verloor. My ouma het Altzhei

Wanneer alles blote vuur is...

Ek het onlangs vir die eerste keer André P Brink se boek, die Ambassadeur gelees. Hierdie boek is in 1964 in Engels en in 1966 in Duits vertaal en gepubliseer. Ek het nog altyd van sy boeke gehou – maar ek moet sê – ek het dié een nogals baie geniet. Ek kan sien hoekom die boek so gewild was. Ek dink mense kan maklik daarmee identifiseer. En ons kan dit ook maar erken, die idee van verbode liefde het maar altyd ‘n trekkingskrag (alhoewel ons dit nie altyd goedkeur nie). Dis wanneer mens begin simpatiseer met ‘n karakter wat ons weet iets verkeerd doen en wens dat die wêreld die karakter nie moet veroordeel nie – dat mens weet die skrywer het ‘n goeie job gedoen. Hierdie verhaal gaan oor twee mans en drie vrouens. Dit gaan oor die huwelik, die ouer-kind verhouding, oor onbeantwoorde liefde, oor die onvermoë om eerlik te wees, dit gaan oor die liefdespel of eerder, spel van verraad wat gespeel word tussen mense wat nie weet hoe om vir mekaar te vertel of verduidelik wat hulle wil hê ni

So baie om te leer by Moeder Aarde

Ek was nog altyd gefassineer deur die veer industrie se geskiedenis. Tog – kom ek net elke dan en wan in Oudtshoorn vir die jaarlikste Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Daar is gewoonlik nie tyd om te gaan rondkrap in al die stories wat daar begrawe is nie. Gelukkig kom ek toe af op die boek Sorg – soos geskryf deur Micki Pistorius Sy het duidelik ook ‘n fassinasie met dié geskiedenis én met spoke. Ek is self ‘n sucker vir spookstories. As kind het my ouma graag vertel van al die spoke wat daar by hulle kom draai het op die plaas. Op die agterblad lees ek toe raak van die Khoi mense, die spoke van Oudtshoorn, van die aarde en sy helende waarde en natuurlik van die groot veerpaleise, die boere wat daar gewoon het en selfs brokkies uit die Boere oorlog. En natuurlik het sy al die wonderlike kultuurryke stories aanmekaar gegom met ‘n hartroerende liefdesverhaal wat al die nodige elemente van passie, weerloosheid, verraad en wraaksugtigheid bevat het. Die tema van die mens se behep