Ek was nog altyd gefassineer deur die veer industrie se geskiedenis. Tog – kom ek net elke dan en wan in Oudtshoorn vir die jaarlikste Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Daar is gewoonlik nie tyd om te gaan rondkrap in al die stories wat daar begrawe is nie. Gelukkig kom ek toe af op die boek Sorg – soos geskryf deur Micki Pistorius
Sy het duidelik ook ‘n fassinasie met dié geskiedenis én met spoke. Ek is self ‘n sucker vir spookstories. As kind het my ouma graag vertel van al die spoke wat daar by hulle kom draai het op die plaas. Op die agterblad lees ek toe raak van die Khoi mense, die spoke van Oudtshoorn, van die aarde en sy helende waarde en natuurlik van die groot veerpaleise, die boere wat daar gewoon het en selfs brokkies uit die Boere oorlog. En natuurlik het sy al die wonderlike kultuurryke stories aanmekaar gegom met ‘n hartroerende liefdesverhaal wat al die nodige elemente van passie, weerloosheid, verraad en wraaksugtigheid bevat het.
Die tema van die mens se beheptheid met eienaarskap oor grond en die aarde loop baie sterk deur die verhaal, asook die kultuur van “sorg” wat van generasie tot generasie oorgedra word – veral ten opsigte van ‘n man se vermoë om vir sy vrou te kan sorg. Ons kan dit maar erken, dat selfs in vandag se tyd is vrouens steeds maar opsoek na ‘n man wat vir hulle kan sorg. Ons reëls het effe verander – ons wil nou selfonderhoudend en onafhanklik wees, maar ons wil steeds weet dat sou die wiel om een of ander obskure rede draai en ons weerloos laat – die man sal kan voorsien en beskerm.
In die storie probeer sy oordra dat “sorg” nie die eerste oorweging in enige verhouding moet wees tussen man en vrou, of mens en aarde nie. Sy noem dat liefde altyd eerste kom – en dat sorg ‘n natuurlike uitvloeisel daarvan is – waar man en vrou vir mekaar sorg en waar mens en aarde na mekaar omsien.
Sy gebruik Moeder aarde en die idee van Vaderland as twee teenoorgesteldes wat konstant worstel met mekaar. Sy noem dat Moeder aarde baie ouer en wyser is as die “vaderland”. Sy noem dat mans veg vir aarde, maar dat dit nooit werklik aan hulle behoort nie. Dit terwyl Moeder Aarde nooit ophou om ons van lewe te voorsien nie ten spyte daarvan dat sy haarself konstant moet verdedig teen besetters en plunderaars.
Ek het gehou van die manier waarop sy die vrou met die aarde vergelyk – waar sy noem dat die aarde nie “getem of geploeg of geplant” kan word nie. Sy sê dit is arrogant om dit te dink. Sy sê dit is juis die mens wat getem moet word – sodat daar eendag wysheid uit hom/haar geploeg kan word. Sy sê dat die vrou, net soos die aarde - nie “met drade afgekamp wil word nie”, dat dit haar halstarrig maak. Hoe waar is dit nie! :)
In haar storie probeer die spoke, die aarde, die wind en die voorvaders en –moeders heeltyd vir die hoofkarakter sê: “Liefde is sorg. Wees lief vir die aarde, wees lief vir mekaar – en wees gerus – sorg, sal daar gesorg word”. Ek dink dit is die mooiste boodskap. En ek dink dat ons wat so bevoorreg is om in hierdie land groot te word, wat elke dag of dalk maandeliks, of selfs jaarliks blootstelling tot die natuur en sy wonders geniet – nader aan die waarheid leef as ander wat in erg ontwikkelde lande woon. Ons – wie se stories nog so primitief en jonk is – se herrinnering is nog vol van dié waarhede. Ons moet dit nooit vergeet nie. Ons moet nooit ophou lief wees vir Moeder Aarde nie.

Ons moet nooit ophou leer by haar nie!
Dié is ‘n liefdesliedjie gebaseer op haar verhaal, haar karakters en haar boodskap
Die oerdans
Hy hardloop teen die koppies uit
Perdehoewe klink oor die klip
'n Reuk bars uit die aarde op
Soos dit kneus onder sy drif
Hy vind haar by die kuil
Waar sy rus op’n rots
Die wind dra vir haar ‘n soet geur aan
En lê dit voor haar voete net daar waar sy staan
Die wind swiep deur haar hare
en gooi ‘n draai deur die kuil
Roer die veerpluim in sy hoed
En begin dan saggies huil:
“Kap vir haar ‘n houtjie en maak vir haar ‘n vuur
Sy sal vir jou ’n feesmaal maak
Bemin haar al jou dae – sy sal jou huis vol blomme dra
Beskerm haar teen pyn en leed
En sy sal vir jou dans – dans in die reën”
Grond wil nie met drade afgekamp word nie
Hulle se die aarde is ontembaar
‘n geploeg en geplant maak haar halstarrig en kwaai
Sy maak jou wereld vinnig ophou draai
Nét so is die vrou, skree die Voorvaders grou
en die moeder geeste giggel saam
Oor die vladdering in haar stem as hy vir haar magrietjies bring
Vol beloftes van Vryheid en Trou
Die wind swiep deur haar hare
en gooi ‘n draai deur die kuil
Roer die veerpluim in sy hoed
En begin dan saggies huil: Oe, oe, oe, oe
“Kap vir haar ‘n houtjie, maak vir haar ‘n vuur
Sy sal vir jou ’n feesmaal maak
Bemin haar al jou dae en sy sal jou huis vol blomme dra

Luna Paige

Comments
Post a Comment