Skip to main content

Posts

Showing posts from May, 2011

As die lewe maar 'n sepie was

Jeanne Goosen is ‘n ongelooflike skrywer. Sy het ‘n gawe. Dit is seker op ‘n manier ook ‘n vloek - om so tussen die mensdom te kan staan, hulle stilletjies te bekyk en te beloer en hulle te sien presies vir wie en wat hulle is. Ek dink dit verg intelligensie om hierdie waarnemings op so ‘n treffende, dog eenvoudige en onpretensieuse wyse te kan weergee. ‘n Mens tel tog op dat Jeanne Goosen nie so baie van die mensdom hou nie. Sy verkies diere en plante. Mens kan nie stry dat die mens se innerlike fisiese werkinge net so ongelooflik as dié van diere en plante is nie. Ek kry wel die idée dat sy glo dat ons intelligensie, of sal ek eerder sê – ons sogenaamde intelligensie - ons nie verhewe laat bo diere en plante soos wat ons dink nie, maar eerder ondergeskik tot hulle stel. Maar Jeanne Goosen het ook empatie vir mense, veral dié wat eenvoudig leef ek bloot van dag tot dag probeer “oorleef”. Sy kan hartseer, ellende, woede, rasionalisering en die mens se vermoë om homself beter te

'n Skryende skande!

Ek moes ‘n ou Franse man bietjie touwys maak oor die Kaap. Letterlik “chauffeur” speel en informasie deel daar waar hy dit versoek. Wat mens nie alles sal doen vir ‘n ou geldjie nie! Maar bly is ek, want ek was weer by die majesteuse Tafelberg op, het vir die eerste keer (en ek weet dis ‘n skande!) op Kaappunt gaan staan en by die vreesaanjaende afgronde afgetuur. Hy het beter begrip as ek getoon van waar op die kaart ons onsself bevind. Al die hoeke en draaie van die Kaap se punt het my skoon deurmekaar gehad. Kyk, ‘n rigting mens is ek glad nie. Ek is wel ‘n storie mens. Die ou fotos in die museum en die mooi Diaz-strandjie het my verbeelding aangegryp en skielik het ek weer in spoke begin glo. “ As ek ‘n hele dag op daai strandjie gaan lê – sal die ou “drifters” dalk hul weg na my toe vind en my hul stories vertel? ” het ek gewonder. Elk geval, ek gaan loop nou ‘n draai. Siende dat die man Frans is, moes ons ook gaan kuier in Franschoek en die Hugenote Museum. Ek het hom op ‘n straa