Skip to main content

Posts

Showing posts from 2012

'n Lied vir ClemenGold

ClemenGold is die offisiele borg van Storielied Om my dank aan ClemenGold te betoon, het ek besluit om vir hulle 'n lied te skryf. Nou kyk, ons is almal vertroud met DJ Opperman se gedig, Sproeireen,   waar daar verwys word na 'n naartjie...ek wou baie graag ietsie oorspronklik doen. Om 'n liedjie oor 'n naartjie te skryf is nie die maklikste ding onder die son nie hoor! Ek maak toe maar 'n storie op... Op 'n dag het 'n reisiger by 'n eensame vrou kom kuier. Sy kon hom ver oor die stofpad sien aangestap kom. Sy was opgewonde. Sy het hom in haar huis ontvang. By sy aankoms het hy vir haar 'n sak naartjies gebring. Daar het hulle heel aand in die kombuis gesit en gesels, naartjies geeet, en wyn gedrink. Nodeloos om te se, was die twee aangetrokke tot mekaar en het die aand nie geeindig toe die ligte afgaan nie. Hy het haar liggaam verken...en sy kon die naartjies aan sy hande ruik. Uiteindellik was dit tyd vir hom om te gaan, en het sy gesi

Ou Karoo uiteindellik op 'n CD

Jare gelede het ek by die Dorpstraat teater gewaitress. Dit was toe Dorpstraat nog in Dorpstraat was en Hettie en Elbie nog die plek bestuur het. Hoe lekker was Dorpstraat Teater nie toe nie. Dit was een van daardie plekke waar mense net ingeval het. As jy op 'n random aan nie weet wat om te doen nie, het jy summier Dorpstraat toe gegaan. Daar was altyd iets nice aan die gang, daar was altyd lekker mense daar en die geselskap was goed. As aspirerende sangeres was dit ook wonderlik om blootstelling tot so baie professionele kunstenaars te kry. Ek kon bykans 3-4 keer 'n week 'n show kyk. Dit was 'n leerskool en dit het my droom aan die gang gehou. Ek het uiteindellik self ook by Dorpstraat teater my eerste optrede gehad. :) Op een van hierdie shifts het ek vir Rocco de Villiers ontmoet. Hy het kom optree die aand. Ek het vir hom my heel eerste CD ooit gegee en nie eintlik geweet hoekom ek dit doen of wat daaruit gaan voortspruit nie. 'n Paar maande later toe kon

'n Lied vir 'n lover

Lank terug toe ek en my lover in die stad gewoon het, het ek die song vir hom geskryf. Dit was seker die eerste Afrikaanse song wat sonder moeite uit my uit gevloei het. Mens kry daardie oggende wat die son deur die oop gordyne sypel. Partykeer speel die lig teen die mure en lyk dit kompleet soos water. Ek het een so oggend wakker geword en my geliefde gele en aanskou. Dit was stil, alhoewel ek die karre op die highway nog kon hoor. Ek kon hom ruik, ek kon sy hart voel klop, ek het hom hoor asemhaal en die lig en water patrone teen die muur en oor sy lyf was net so mooi. Ek kon nie help om die liedjie te skryf nie. Sy naam is Oggendlied. Ek praat hier van 'n oggendlyf. Oe, dis die lekkerste lyf op aarde. Dis sag, dis warm, dis ontspanne en dit ruik mens. Dit is seker die beste ding op aarde. Die song word ook by die Storielied DVD en live CD ingewerk. Oggendlied Die son breek deur die venster op jou oggendlyf Ek sien die hoendervleis teen jou been opkruip as ek dit

‘n Antie wat baie te sê het

Hierdie verhaal het my baie geraak. Snaaks genoeg het ek hom lank terug al gelees en toe al 'n song oor die storie geskryf...en min geweet dat ek amper 5 jaar later Storielied sou skep. So dit was net reg om die liedjie in die produksie repertoire in te werk. Ek het hom ook nog nooit opgeneem nie, so hy het nou uiteindellik sy plek gevind. Engemi Ferreira het in die 80s 'n boek geskryf met die naam, "Die Jaar toe my ma begin sing het". Dit is die mooiste boek. Dit gaan oor 'n gesin wat op 'n plaas woon wat 'n diep en donkere geheim koester. Soos die verhaal uit 'n verskeidenheid van persone se perspektiewe vertel word, word die geheim oopgevlek. Daar is 'n karakter in die boek, wat die mooiste wyshede kwytgeraak het. Sy het die tipe dinge ge s ê   wat my tot vandag toe bybly. Oor pyn s ê sy: "Moenie jou pyn om jou hang soos 'n kleed nie. Dit maak jou aan die aarde vas sodat jy nie meer kan vlieg nie". Hoe waar is dit nie! Vandag