Ek het onlangs vir die eerste keer André P Brink se boek, die Ambassadeur gelees. Hierdie boek is in 1964 in Engels en in 1966 in Duits vertaal en gepubliseer. Ek het nog altyd van sy boeke gehou – maar ek moet sê – ek het dié een nogals baie geniet. Ek kan sien hoekom die boek so gewild was. Ek dink mense kan maklik daarmee identifiseer. En ons kan dit ook maar erken, die idee van verbode liefde het maar altyd ‘n trekkingskrag (alhoewel ons dit nie altyd goedkeur nie). Dis wanneer mens begin simpatiseer met ‘n karakter wat ons weet iets verkeerd doen en wens dat die wêreld die karakter nie moet veroordeel nie – dat mens weet die skrywer het ‘n goeie job gedoen. Hierdie verhaal gaan oor twee mans en drie vrouens. Dit gaan oor die huwelik, die ouer-kind verhouding, oor onbeantwoorde liefde, oor die onvermoë om eerlik te wees, dit gaan oor die liefdespel of eerder, spel van verraad wat gespeel word tussen mense wat nie weet hoe om vir mekaar te vertel of verduidelik wat hulle wil hê ni...
On this blog I share stories about my music, my travels, books, films, and other things that inspire...