Skip to main content

Posts

Showing posts with the label minnaar

'n Lied vir 'n lover

Lank terug toe ek en my lover in die stad gewoon het, het ek die song vir hom geskryf. Dit was seker die eerste Afrikaanse song wat sonder moeite uit my uit gevloei het. Mens kry daardie oggende wat die son deur die oop gordyne sypel. Partykeer speel die lig teen die mure en lyk dit kompleet soos water. Ek het een so oggend wakker geword en my geliefde gele en aanskou. Dit was stil, alhoewel ek die karre op die highway nog kon hoor. Ek kon hom ruik, ek kon sy hart voel klop, ek het hom hoor asemhaal en die lig en water patrone teen die muur en oor sy lyf was net so mooi. Ek kon nie help om die liedjie te skryf nie. Sy naam is Oggendlied. Ek praat hier van 'n oggendlyf. Oe, dis die lekkerste lyf op aarde. Dis sag, dis warm, dis ontspanne en dit ruik mens. Dit is seker die beste ding op aarde. Die song word ook by die Storielied DVD en live CD ingewerk. Oggendlied Die son breek deur die venster op jou oggendlyf Ek sien die hoendervleis teen jou been opkruip as ek dit ...