Skip to main content

'n Lied vir 'n lover

Lank terug toe ek en my lover in die stad gewoon het, het ek die song vir hom geskryf.
Dit was seker die eerste Afrikaanse song wat sonder moeite uit my uit gevloei het.

Mens kry daardie oggende wat die son deur die oop gordyne sypel. Partykeer speel die lig teen die mure en lyk dit kompleet soos water. Ek het een so oggend wakker geword en my geliefde gele en aanskou. Dit was stil, alhoewel ek die karre op die highway nog kon hoor. Ek kon hom ruik, ek kon sy hart voel klop, ek het hom hoor asemhaal en die lig en water patrone teen die muur en oor sy lyf was net so mooi. Ek kon nie help om die liedjie te skryf nie. Sy naam is Oggendlied.

Ek praat hier van 'n oggendlyf. Oe, dis die lekkerste lyf op aarde. Dis sag, dis warm, dis ontspanne en dit ruik mens. Dit is seker die beste ding op aarde.

Die song word ook by die Storielied DVD en live CD ingewerk.


Oggendlied


Die son breek deur die venster
op jou oggendlyf
Ek sien die hoendervleis teen jou been opkruip
as ek dit vryf

Ek voel die warm wind van jou mond
wat saggies teen my blaas
Jy slaap vas ten spyte van
die verkeer se raas

Dit is die oggendlied vir my baby
My hart skip 'n beat net vir jou
Dit is die oggendlied
wat die somer in my hart hou

Ek ruik die slaap nog aan jou vel
as ek oor jou leun
Ek rus my mond teen jou geslote oe
wanneer jy saggies kreun

Ek vind 'n leplek iewers sag
in die holte van jou arm
Ek voel die lewe in jou hart wat pols
teen my hand se palm

Dit is die oggendlied vir my baby
My hart skip 'n beat net vir jou
Dit is die oggendlied
wat die somer in my hart hou

...in my hart hou


Luna Paige

Comments

Popular posts from this blog

'n Skryende skande!

Ek moes ‘n ou Franse man bietjie touwys maak oor die Kaap. Letterlik “chauffeur” speel en informasie deel daar waar hy dit versoek. Wat mens nie alles sal doen vir ‘n ou geldjie nie! Maar bly is ek, want ek was weer by die majesteuse Tafelberg op, het vir die eerste keer (en ek weet dis ‘n skande!) op Kaappunt gaan staan en by die vreesaanjaende afgronde afgetuur. Hy het beter begrip as ek getoon van waar op die kaart ons onsself bevind. Al die hoeke en draaie van die Kaap se punt het my skoon deurmekaar gehad. Kyk, ‘n rigting mens is ek glad nie. Ek is wel ‘n storie mens. Die ou fotos in die museum en die mooi Diaz-strandjie het my verbeelding aangegryp en skielik het ek weer in spoke begin glo. “ As ek ‘n hele dag op daai strandjie gaan lê – sal die ou “drifters” dalk hul weg na my toe vind en my hul stories vertel? ” het ek gewonder. Elk geval, ek gaan loop nou ‘n draai. Siende dat die man Frans is, moes ons ook gaan kuier in Franschoek en die Hugenote Museum. Ek het hom op ‘n straa...

Wanneer alles blote vuur is...

Ek het onlangs vir die eerste keer André P Brink se boek, die Ambassadeur gelees. Hierdie boek is in 1964 in Engels en in 1966 in Duits vertaal en gepubliseer. Ek het nog altyd van sy boeke gehou – maar ek moet sê – ek het dié een nogals baie geniet. Ek kan sien hoekom die boek so gewild was. Ek dink mense kan maklik daarmee identifiseer. En ons kan dit ook maar erken, die idee van verbode liefde het maar altyd ‘n trekkingskrag (alhoewel ons dit nie altyd goedkeur nie). Dis wanneer mens begin simpatiseer met ‘n karakter wat ons weet iets verkeerd doen en wens dat die wêreld die karakter nie moet veroordeel nie – dat mens weet die skrywer het ‘n goeie job gedoen. Hierdie verhaal gaan oor twee mans en drie vrouens. Dit gaan oor die huwelik, die ouer-kind verhouding, oor onbeantwoorde liefde, oor die onvermoë om eerlik te wees, dit gaan oor die liefdespel of eerder, spel van verraad wat gespeel word tussen mense wat nie weet hoe om vir mekaar te vertel of verduidelik wat hulle wil hê ni...

'n Themesong vir Margaret

Ek het heel per ongeluk 'n uitnodiging ontvang om 'n 10 minute slot by die Woordfees te vul. Melt by die Woordfees kantoor vra toe vir my om so 2 liedjies by Margaret Bakkes se huldeblyk te sing. 2011 merk haar 80ste bestaansjaar op aarde. Ter voorbereiding van die geleentheid het ek oor my songs gegaan en besef dit sal net eenvoudig te eienaardig wees om Engels te gaan staan en sing by die huldeblyk van 'n skrywer wat slegs in Afrikaans skryf. Dit is toe dat ek my gedagtes laat gaan oor hoe ek die geleentheid meer spesiaal vir Margaret Bakkes kan maak. En net so het die idee my getref! Ek het besluit om 'n " themesong " vir een van haar boeke te skryf. “Hulle doen dit tog vir die movies”, het ek gedink. “Hoekom dan nou nie vir boeke nie?” Daar suiker ek toe af na Melkbosstrand se biblioteek en soek naarstigtelik na Margaret Bakkes boeke. Op die ou end het ek 'n boek gekies uit haar vroeër jare - 'n liefdesverhaal wat afspeel iewers op ...