Skip to main content

Posts

Showing posts with the label Micki Pistorius

So baie om te leer by Moeder Aarde

Ek was nog altyd gefassineer deur die veer industrie se geskiedenis. Tog – kom ek net elke dan en wan in Oudtshoorn vir die jaarlikste Klein Karoo Nasionale Kunstefees. Daar is gewoonlik nie tyd om te gaan rondkrap in al die stories wat daar begrawe is nie. Gelukkig kom ek toe af op die boek Sorg – soos geskryf deur Micki Pistorius Sy het duidelik ook ‘n fassinasie met dié geskiedenis én met spoke. Ek is self ‘n sucker vir spookstories. As kind het my ouma graag vertel van al die spoke wat daar by hulle kom draai het op die plaas. Op die agterblad lees ek toe raak van die Khoi mense, die spoke van Oudtshoorn, van die aarde en sy helende waarde en natuurlik van die groot veerpaleise, die boere wat daar gewoon het en selfs brokkies uit die Boere oorlog. En natuurlik het sy al die wonderlike kultuurryke stories aanmekaar gegom met ‘n hartroerende liefdesverhaal wat al die nodige elemente van passie, weerloosheid, verraad en wraaksugtigheid bevat het. Die tema van die mens se behep...