Toe ek my Facebook vriende vra om goeie Suid Afrikaanse vroue skrywers en hul boeke voor te stel, het Ingrid Winterbach se naam herhaaldelik op my “wall” te voorskyn gekom. Dit net nadat ek SPYT gaan kyk het by die Oude Libertas Teater in Stellenbosch. As ek reg verstaan is SPYT haar eerste verhoogstuk. Elk geval – “Die boek van toeval en toerverlaat” was hoog aanbeveel. Gelukkig vir my was dié boek by die biblioteek te vinde. Hoe bly is ek nie ek het die boek gelees nie. Wat ‘n wonderlike skrywer en wat ‘n wonderlike boek! Die boek handel oor ‘n redelike eienaardige vrou wat ‘n obsessie met skulpe het. Sy werk as leksikograaf en help haar werkgewer om die Afrikaanse Woord (veral dié woorde wat lank nie meer deur die algemene Jan Rap en sy maat gebruik word nie) te dokumenteer. Baie van die woorde word op ‘n effense swartgallig-humoristiese wyse deur haar en haar kollega bespreek. Waar die woorde vandaan kom, wat hul betekenisse is en hoe hulle aansluit by haar gedagtes en ...
On this blog I share stories about my music, my travels, books, films, and other things that inspire...