Dana Snyman se kortverhaal, Ouma Plaas - is net soveel my storie as wat dit syne is. Na my eerste Storielied optrede in Melkbos weet ek ook dat die storie meeste mense se storie is. Dana Snyman vertel in die storie hoe hy by sy ouma gaan kuier. Hoe hy deur die dorp ry en sien hoe dinge verander het. Uit die storie maak ek die afleiding dat sy ouma se geheue nie meer is wat dit is nie en dat dit vir hom moeilik is om haar so weerloos en "afwesig" te sien. Hy verwys na sy ouma se hande...wat koud en bleek op die laken rus - en onthou dan hoe daardie selfde hande in die verlede behendig jam potjies kon oopmaak, kon bak, kon troos. Die herrinneringe wat my ouma oproep is net soos die van 'n plaas. Dit is groot en omvangryk. Daar is reuke, geluide, gevoelens - almal wat assosieer met klomp ander klein herrinneringe en fases in my lewe. Dit is so hartseer wanneer iemand met so grootsheid - oud en klein en weerloos raak. Wanneer hulle hul essensie verloor. My ouma het Altzhei...
On this blog I share stories about my music, my travels, books, films, and other things that inspire...