ClemenGold is die offisiele borg van Storielied Om my dank aan ClemenGold te betoon, het ek besluit om vir hulle 'n lied te skryf. Nou kyk, ons is almal vertroud met DJ Opperman se gedig, Sproeireen, waar daar verwys word na 'n naartjie...ek wou baie graag ietsie oorspronklik doen. Om 'n liedjie oor 'n naartjie te skryf is nie die maklikste ding onder die son nie hoor! Ek maak toe maar 'n storie op... Op 'n dag het 'n reisiger by 'n eensame vrou kom kuier. Sy kon hom ver oor die stofpad sien aangestap kom. Sy was opgewonde. Sy het hom in haar huis ontvang. By sy aankoms het hy vir haar 'n sak naartjies gebring. Daar het hulle heel aand in die kombuis gesit en gesels, naartjies geeet, en wyn gedrink. Nodeloos om te se, was die twee aangetrokke tot mekaar en het die aand nie geeindig toe die ligte afgaan nie. Hy het haar liggaam verken...en sy kon die naartjies aan sy hande ruik. Uiteindellik was dit tyd vir hom om te gaan, en het sy gesi...
On this blog I share stories about my music, my travels, books, films, and other things that inspire...